Waterval-Onder is 'n klein dorpie in Mpumalanga, Suid-Afrika. Die dorpie is 8 km oos van Waterval-Boven onder die Elandsrivierwaterval. Die dorpie was gebruik as 'n belangrike spoorhoof tydens die bou van die Pretoria-Delagoabaai-spoorlyn. In die dorpie is ook die huis Krugerhof waarin pres. Paul Kruger gewoon het.
Ná die val van Pretoria het eers Machadodorp en toe Waterval-Onder 'n kort tydperk as die hoofstad van die Zuid-Afrikaansche Republiek gedien.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika Tweede Vryheidsoorlog
Bron B.P.J. Erasmus. Op Pad in Suid-Afrika. 1995. Raper, P.E. Plekname van Suider-Afrika (p. 772) [bevestig spelling van Waterval-Onder met 'n koppelteken]. Kennis, 1980, vol 4, bl. 672-675,
Kategorie:Nedersettings in Mpumalanga