Mooketsi is 'n groot boerderynedersetting en ook 'n spoorweghalte sentraal in Limpopo, Suid-Afrika. Die nedersetting is 20 km noordwes van Modjadjiskloof (voorheen Duiwelskloof).
Mooketsi is die hart van Suid-Afrika se wintergroentetuin. Varsprodukte word van hier na die res van Suid-Afrika gestuur gedurende die wintermaande wanneer ryp op die Hoëveld groenteverbouing verhoed.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bron Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.
Kategorie:Nedersettings in Limpopo