Die Rugbywêreldbeker 2015 (Engels: 2015 Rugby World Cup; Wallies: Cwpan Rygbi’r Byd 2015) is van 18 September tot 31 Oktober 2015 in Engeland en Wallis beslis. Dit was die agtste rugbywêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse rugbywêreldkampioenskap wat deur Wêreldrugby aangebied word en die vierde in die Noordelike Halfrond. Engeland het voorheen tydens die Rugbywêreldbeker 1991 en Rugbywêreldbeker 1999 as medegasheer opgetree; albei toernooie is saam met die destydse Vyfnasies Frankryk, Ierland, Skotland en Wallis aangebied.
duimnael|links|upright|Die Webb Ellis-beker waarom meegeding is Die toernooi se formaat van 2003, 2007 en 2011 het onveranderd gebly en 20 nasionale rugbyspanne het aan die Rugbywêreldbeker 2015 deelgeneem: die twaalf regstreekse kwalifiseerders van die 2011-toernooi (Argentinië, Australië, Engeland, Frankryk, Ierland, Italië, Nieu-Seeland, Samoa, Skotland, Suid-Afrika, Tonga en Wallis), saam met die agt beste spanne van die kwalifisering (Fidji, Georgië, Japan, Kanada, Namibië, Roemenië, Uruguay en die Verenigde State). Vir die eerste keer in die toernooigeskiedenis was daar geen debutante nie.
Tydens die Rugbywêreldbeker 2015 is 48 wedstryde gespeel, waaronder 40 tydens die groepfase en agt tydens die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in vier groepe van vyf elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die kwarteindrondte gekwalifiseer, terwyl die drie beste spanne van elke groep – altesaam twaalf spanne – regstreeks vir die volgende Rugbywêreldbeker 2019 in Japan gekwalifiseer het.
Voor die afskop van die Rugbywêreldbeker 2015 is Nieu-Seeland, Australië, Suid-Afrika en Ierland as gunstelinge op die titel beskou. Die verdedigende kampioen Nieu-Seeland het die eindstryd op Twickenham in Londen teen Australië met 34–17 gewen en sodoende sy derde wêreldtitel ingepalm. Daarmee het Nieu-Seeland die eerste nasionale rugbyspan geword wat die beker kon verdedig en ook vir ’n derde keer kon wen. Daarbenewens was dit die tweede eindstryd in die toernooigeskiedenis wat twee spanne van die Suidelike Halfrond gesien het, ná die Rugbywêreldbeker 1995 in Suid-Afrika, en die eerste halfeindrondte sonder spanne van die Noordelike Halfrond. Twickenham het ná Edenpark in Auckland die tweede rugbystadion geword wat die rugbywêreldbekereindwedstryd vir meer as een keer – ná die 1991-toernooi – gehuisves het. Suid-Afrika het in die derde en Argentinië in die vierde plek geëindig. Namibië is ná vier nederlae reeds in die groepfase uitgeskakel.
Die wedstryd tussen Japan en Suid-Afrika tydens die openingsnaweek, waarin Japan die beslissende drie in ekstra tyd teen die gunsteling Suid-Afrika kon druk, word algemeen as die “grootste ontsteltenis” in die rugbygeskiedenis beskou. Vervolgens het dié toernooi van die begin af baie media-aandag geniet. Die gasheer Engeland is ná nederlae teen Wallis en Australië reeds in die groepfase uitgeskakel; dit was die eerste keer in die toernooigeskiedenis wat ’n nominale gasheer nie tot die uitklopfase kon vorder nie. Daarbenewens was Japan, as gevolg van minder bonuspunte, die eerste span met drie oorwinnings wat nie tot die kwarteindrondte kon vorder nie.
Met meer as vier miljard televisiekykers wêreldwyd was die Rugbywêreldbeker 2015 die mees gesiene rugbywêreldbekertoernooi in dié tyd. Altesaam is daar sowat 2,47 miljoen kaartjies vir die 48 wedstryde verkoop, waarmee elke wedstryd gemiddeld 51 621 toeskouers gelok het.
Toewysing duimnael|400px|Kaart van die kandidaatlande vir die Rugbywêreldbeker 2015 Die wêreldbeheerliggaam Wêreldrugby (tot 2014: Internasionale Rugbyraad) het tot op 15 Augustus 2008 vir bode van belangstellende lande wat die Rugbywêreldbeker 2015 of Rugbywêreldbeker 2019 wou aanbied tyd gegee. Tot op hierdie datum was slegs ’n formele verklaring sonder gedetailleerde planne voldoende. ’n Rekord van tien lande het vervolgens hulle belangstelling vir een van die twee toernooie aangekondig: Australië, Engeland, Ierland, Italië, Jamaika, Japan, Rusland, Skotland, Suid-Afrika en Wallis. Van hierdie tien lande het ses hulle kandidatuur in die eerste helfte van 2009 teruggetrek. Engeland, Italië, Japan en Suid-Afrika was vervolgens die moontlike kandidaatlande; met Engeland en Japan as gunstelinge.
Tydens ’n spesiale vergadering van die Internasionale Rugbyraad wat op 28 Julie 2009 in Dublin gehou is, is die Rugbywêreldbeker 2015 aan Engeland toegeken, terwyl die Rugbywêreldbeker 2019 aan Japan toegewys is.
Engeland was daarmee vir die tweede keer ná 1991 (nominale) gasheer van ’n rugbywêreldbekertoernooi. Die Rugbywêreldbeker 2015 het tot die Verenigde Koninkryk se “Dekade van Sport” met groot sporttoernooie soos die Olimpiese Somerspele 2012 en Paralimpiese Somerspele 2012 in Londen, Statebondspele 2014 in Glasgow, FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2018 (wat egter aan Rusland toegewys is) en Krieketwêreldbeker 2019 in Engeland en Wallis behoort.
Deelnemers Kwalifisering Naas die nominale gasheer Engeland, wat ook met sy deelname aan die kwarteindrondte van die Rugbywêreldbeker 2011 gekwalifiseer het, het ook die ander sewe deelnemers aan die kwarteindrondte en die vier derdeplek-spanne van die 2011-groepfase vir die Rugbywêreldbeker 2015 gekwalifiseer. Vervolgens is agt van die 20 plekke van die toernooi tydens die kwalifisering uitgespeel. Die kwalifiseringstoernooi is in vyf streeksgroepe verdeel: Afrika, Noord-Amerika saam met Suid-Amerika, Asië, Europa en Oseanië. Twee plekke elk is vir die nasionale spanne van die Amerikas en Europa gereserveer en een elk vir Afrika, Asië en Oseanië. Die oorblywende plek is tydens ’n interkontinentale kwalifiseringsrondte beslis. As die regstreekse klassifiseerders getel word, het 96 spanne in aanmerking gekom vir kwalifisering vir die finale toernooi in Engeland en Wallis.
Die volgende spanne het regstreeks vir die Rugbywêreldbeker 2015 gekwalifiseer: Engeland as gasheer en kwarteindrondtespan 2011, Nieu-Seeland as verdedigende kampioen, Frankryk as naaswenner en Australië as derde plek in 2011, Wallis as halfeindrondtespan, die spanne van die kwarteindrondte Ierland, Suid-Afrika en Argentinië, asook die derde plekke in die groepfase Skotland, Samoa, Tonga en Italië. In Augustus 2013 het Kanada as Amerikas 1 gekwalifiseer toe hulle die Verenigde State met ’n algehele telling van 40–20 verslaan het. Amerikas 2 is in Maart die volgende jaar gevul toe die Verenigde State Uruguay met ’n algehele telling van 59–40 geklop het. In dieselfde maand het Georgië as Europa 1 gekwalifiseer en Roemenië as Europa 2. Twee maande later het Japan die enigste Asiatiese toekenning gewen. In Junie 2014 is Fidji bevestig as as kwalifiseerder van Oseanië as Oseanië 1. Een maand later het Namibië vir sy vyfde agtereenvolgende rugbywêreldbekertoernooi gekwalifiseer toe die span die Afrikabeker met ’n beter punteverskil beklink het. Uruguay het deur heruitdunning gekwalifiseer nadat die span Rusland met ’n algehele telling van 57–49 geklop het.
Kwalifiserende spanne Die volgende 20 spanne het vir die finale toernooi gekwalifiseer. Dieselfde 20 lande het ook aan die toernooi in 2003 deelgeneem. Uruguay, wat Rusland vervang het, is die enigste verandering in die 20-span-lys van die Rugbywêreldbeker 2011.
duimnael|400px|Spanne wat aan die kwalifiseringstoernooi deelgeneem en die wat regstreeks gekwalifiseer het; altesaam 96 spanne het deelgeneem. duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering: SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGroepNominale gasheerAgtste2011Kampioen (2003)ARegstreeksAgtste2011Derde plek (2007)CAgtste2011Kampioen (1991, 1999)AAgtste2011Naaswenner (1987, 1999, 2011)DAgtste2011Kwarteindrondte (1987, 1991, 1995, 2003, 2011)DAgtste2011Groepfase (1987, 1991, 1995, 1999, 2003, 2007, 2011)DAgtste2011Kampioen (1987, 2011)CSewende2011Kwarteindrondte (1991, 1995)BAgtste2011Vierde plek (1991)BSesde2011Kampioen (1995, 2007)BSewende2011Groepfase (1987, 1995, 1999, 2003, 2007, 2011)CAgtste2011Derde plek (1987)AOseanië 1Sewende2011Kwarteindrondte (1987, 2007)AEuropa 1Vierde2011Groepfase (2003, 2007, 2011)CAsië 1Agtste2011Groepfase (1987, 1991, 1995, 1999, 2003, 2007, 2011)BAmerikas 1Agtste2011Kwarteindrondte (1991)DAfrika 1Vyfde2011Groepfase (1999, 2003, 2007, 2011)CEuropa 2Agtste2011Groepfase (1987, 1991, 1995, 1999, 2003, 2007, 2011)DUitspeelwennerDerde2003Groepfase (1999, 2003)AAmerikas 2Sewende2011Groepfase (1987, 1991, 1999, 2003, 2007, 2011)B
Stadions duimnael|Anders as oorspronklik beplan kon Manchester se Old Trafford tydens die Rugbywêreldbeker 2015 nie gebruik word nie Ná die besluit van die Internasionale Rugbyraad op 28 Julie 2009 is die voorgestelde stadions vir die toernooi bekendgestel. Op 2 Mei 2013 is die finale plekke saam met die toernooiformaat bevestig. Elf stadions is in Engeland gekies, terwyl die Millenium-stadion in Wallis geleë is. Reeds in 2011 het die IRR die gebruik van die Millenium-stadion weens sy kapasiteit en ligging goedgekeur, ondanks die feit dat dit buite die gasheerland is. Slegs twee plekke (Kingsholm-stadion en Sandy Park) is spesifiek vir rugby ontwerp; twee is nasionale rugbystadions (Twickenham en Millennium); twee is veeldoelig (Wembley en Olimpiese Stadion) en die ander sewe is sokkerstadions.
Voorgestelde stadions wat nie die kortlys gemaak het nie, sluit in Stadium of Light in Sunderland, Ricoh Arena in Coventry, das St. Mary’s-stadion in Southampton, Pride Park-stadion in Derby, Anfield in Liverpool en Ashton Gate-stadion in Bristol. In April 2013 het Manchester United FC uit ’n ooreenkoms onttrek dat wedstryde op Old Trafford gespeel kan word. Die rede hiervoor is dat die stadion reeds bespreek was vir Rugby League-wedstryde en die Grand Finale daarvan en dat hulle nie die speeloppervlak beskadig wil hê nie. Met Rugby World Cup Limited wat graag wedstryde in Noordwes-Engeland wou sien, is Manchester City FC genader oor die verhuring van die Stad Manchester-stadion as plaasvervanger. Manchester City sou gasheer wou speel vir slegs een wedstryd gedurende die sokkerseisoen, twee minder as wat vir Old Trafford beplan is.
Op 2 Mei 2013 is die stadions vir die toernooi bevestig. Twickenham was gasheer vir die eindstryd, die twee halfeindstryde, een kwarteindstryd en vier groepwedstryde, waaronder die openingswedstryd. Die Millennium-stadion het twee kwarteindstryde en ses groepwedstryde gekry en Wembley die vierde een. Die Londense Olimpiese Stadion het die bronseindstryd en vier groepwedstryde gehuisves. Al die ander stadions is vir groepwedstryde gebruik.
Londen, Groter Londen Cardiff, Wallis Newcastle, Tyne and Wear Twickenham Wembley Olimpiese Stadion Millennium St. James’ Park Kapasiteit: 82 000 Kapasiteit: 90 000 Kapasiteit: 54 000 Kapasiteit: 74 500 Kapasiteit: 52 387 150px 150px 150px 150px 150px Manchester, Groter Manchester Birmingham, Wes-Midlands Stad Manchester-stadion Villa Park Kapasiteit: 47 805 Kapasiteit: 42 788 150px 150px Leeds, Wes-Yorkshire Leicester, Leicestershire Elland Road King Power-stadion Kapasiteit: 37 900 Kapasiteit: 32 262 150px 150px Milton Keynes, Buckinghamshire Brighton, Oos-Sussex Gloucester, Gloucestershire Exeter, Devon Stadion MK Falmer-stadion Kingsholm-stadion Sandy Park Kapasiteit: 32 000 Kapasiteit: 30 750 Kapasiteit: 16 500 Kapasiteit: 10 744 150px 150px 150px 150px
Formaat duimnael|Calverley-straat in Leeds, Wes-Yorkshire, op die vooraand van die Rugbywêreldbeker 2015 Die Rugbywêreldbeker 2015 is oor 44 dae tussen 20 verskillende spanne oor 48 wedstryde beslis. Dit het op 18 September 2015 afgeskop op Twickenham met die openingswedstryd tussen die nominale gasheer Engeland en Fidji. Die toernooi het geëindig by dieselfde stadion op 31 Oktober met die eindstryd tussen Nieu-Seeland en Australië, waartydens die All Blacks die Webb Ellis-beker verdedig het.
Kalender