duimnael Die Slag van Coronel het plaasgevind op 1 November 1914 in die Stille Oseaan tydens die Eerste Wêreldoorlog net wes van die kus van Chili. 'n Duitse vlooteskader, onder bevel van Vise-admiraal von Spee, het slaags geraak met 'n Britse vlooteskader onder bevel van Skout-admiraal sir Christopher Cradock.

Duitse vlooteskader Schanhorst, Kaptein: Schultz – dien ook as vlagskip met von Spee aan boord. Gneisenau, Kaptein: Maerker Leipzig, Kaptein: Haun Dresden, Kaptein: Lüdecke Nürnberg, Kaptein: von Schöberg

Britse vlooteskader HMS Good Hope, Kaptein: P Francklin – dien ook as vlagskip met Cradock aan boord. HMS Monmouth, Kaptein: F Brandt HMS Glasgow, Kaptein: J Luce HMS Otranto

Die geveg Nadat die twee vloot eenhede van mekaar se teenwoordigheid bewus geword het, het hulle mekaar gekonfronteer. Op 31 Oktober het die Britse eenheid radio boodskappe van die Leipzig onderskep en daarna het Cradock die Duitse skepe gaan soek. Op 1 November 1914 om 16:20 het kaptein Luce die Duitse skepe waargeneem. In die slag wat volg is die Good Hope en die Monmouth gekelder terwyl die ander twee Britse skepe weggekom het.

Bron The Encyclopedia of Sea Warfare. Spring Books. 1975.

Kategorie:Geskiedenis van Chili Kategorie:Seeslae Kategorie:Eerste Wêreldoorlog