Koekenaap is 'n klein dorpie in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dorp is noordwes van Lutzville. Die dorp het ontstaan na aanleiding van 'n besproeiingsskema wat hier begin is in 1928. Vandag bestaan die dorpie uit 'n spoorweghalte, poskantoor en 'n paar winkels. Die R363-streeksroete gaan deur die dorpie.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.

Kategorie:Nedersettings in die Wes-Kaap