Mitchells PlainDie amptelike spelling, wat oorspronklik aan die Nasionale Pleknamekomitee voorgelê is vir goedkeuring, was Mitchell's Plain. is 'n woongebied vir grotendeels bruin mense, 32 km vanaf Kaapstad se middestad. Dit is Suid-Afrika se elfde grootste woongebied. Dit is op die Kaapse Vlakte aan die Valsbaai-kus tussen Muizenberg en Khayelitsha geleë.
Mitchells Plain is in die 1970's as 'n township vir Bruin inwoners onder die destydse groepsgebiedewet aangelê. Hoewel Mitchells Plain nie meer 'n uitsluitlik bruin woongebied is nie, is die bevolking steeds oorwegend Bruines. Met 'n geskatte bevolking van 310 485 mense bestaan Mitchells Plain uit verskeie sub-afdelings wat die diversiteit en klasseverskille tussen inwoners aandui.
Die gebied was aanvanklik bekend as basis van die United Democratic Front wat die ANC se anti-apartheidsbedrywighede help finansier het. Deesdae is dit meer bekend vir sy bendes en "tik"-verslawing (metamfetamien) onder die jeug. Ten spyte van die negatiewe faktore is een van Kaapstad se grootste winkelsentrums, die Liberty Promenade, hier geleë.
Demografie Volgens data van die 2011-sensus wat deur Statistiek Suid-Afrika saamgestel is het Mitchells Plain die volgende demografie:Mitchells Plain Sensus 2011
Groep Manlik Persentasie Vroulik Persentasie Totaal Persentasie Bruin 137 360 43,17 144 085 46,43 281 829 90,77 Swart 12 692 4,48 14 021 4,95 22 723 7,32 Indiër/Asiate 902 0,32 861 0,30 1 926 0,62 Wit 274 0,09 307 0,10 581 0,19 Totaal 151 033 48,64 159 453 51,36 310 485 100
Sub-afdelings Mitchells Plein is in verskeie sub-afdelings opgedeel. Die meer gegoede dele is in die weste en armer gemeenskappe in die oostelike helfte geleë.
Rocklands Westridge Portland Tafelsig Eastridge Beacon Valley Lentegeur Woodlands Weltevreden Valley Colorado Park Strandfontein Village
Misdaad Op Vrydag, 12 Julie 2019, is die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in onder meer Mitchells Plain ontplooi om hoë vlakke van misdaad, wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens tot dusver nog nie onder beheer kon bring nie, te takel.
Verwysings
Kategorie:Voorstede van Kaapstad