Hierdie artikel handel oor die politikus. Vir die munisipaliteit, sien Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit.

Govan Archibald Mvuyelwa Mbeki (9 Julie 1910 – 30 Augustus 2001) was 'n Suid-Afrikaanse politikus, en pa van die voormalige Suid-Afrikaanse president Thabo Mbeki en die politieke ekonoom Moeletsi Mbeki. Hy is vernoem na Edward Govan, 'n Skotse sendeling wat die Lovedale-kollege gestig het, waar hy dan ook skoolgegaan het.

duimnael|links|Govan Mbeki se kitaar op Robbeneiland (Universiteit van Fort Hare-argief, 2016) Hy was saam met Nelson Mandela die medestigter van die ANC-Jeugliga (ANCYL), die jeugorganisasie van die ANC.

Sy seun, Thabo Mbeki was die president van Suid-Afrika tussen 1999 en 2008.

Die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit is na hom genoem.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktiviste Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Xhosas Kategorie:Geboortes in 1910 Kategorie:Sterftes in 2001 Kategorie:Politici van die African National Congress