Moeletsi Mbeki (gebore 30 November, 1945) is 'n Suid-Afrikaanse politieke ekonoom en die adjunkvoorsitter van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Internasionale Sake, 'n onafhanklike dinkskrum gebaseer aan die Universiteit van die Witwatersrand, en 'n politieke ontleder vir Nedcor Bank. Hy is 'n lid van die uitvoerende raad van die Internasionale Instituut vir Strategiese Studies (IISS) wat in Londen gebaseer is. Hy is die jonger broer van voormalige president Thabo Mbeki en seun van ANC-leier Govan Mbeki. Hy was 'n gereelde kritikus van president Mbeki.An IOL online article about the last cabinet meeting of the Mbeki Administration. http://www.iol.co.za/index.php?set_id=1&click_id=3086&art_id=nw20080924153804200C107252 Mbeki het skerp kritiek ontlont nadat hy gesê het dat Afrika beter onder kolonialisme regeer is, as wat vandag die geval is.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse politici Kategorie:Geboortes in 1945 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse ekonome