duimnael|links|300px|Genl. Jan Christian Smuts en sy kabinet in 1923. Voor: sir Thomas Watt, sen. F.S. Malan, Smuts, sir Thomas Smartt en mnr. Henry Burton. Agter: sen. Nicolaas de Wet, kol. Deneys Reitz, sir Patrick Duncan, mnr. John William Jagger en kol. Hendrik Mentz. Sir Thomas Watt (naby Glasgow, Skotland, 1857 - 1947) was 'n Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister.
Watt studeer aan die Glasgow-universiteit en word 'n advokaat. In 1883 kom hy in Natal aan en gaan op Dundee. Nadat hy vir Brittanje diens doen in die Anglo-Boereoorlog, word hy tot die Natalse Wetgewende Vergadering verkies en word hy minister van justisie en onderwys vir kolonie en later van 1908 tot 1909 lid van die Nasionale Konvensie wat die Suid-Afrika-wet opgestel het ingevolge waarvan Uniewording die volgende jaar moontlik was. Ná die unifikasie word hy minister van poswese en van openbare werke in genl. Louis Botha se kabinet. Hy dien onder hom en genl. Jan Smuts tot die Suid-Afrikaanse Party in 1924 tot 'n val kom as minister van volkswelsyn, binnelandse sake en spoorweë. Hy sterf in 1947 in die ouderdom van 90 jaar.
Bron Rosenthal, Eric. 1978. Encyclopaedia of Southern Africa. Cape Town and Johannesburg: Juta and Company Limited.
Kategorie:Suid-Afrikaanse immigrante uit Groot-Brittanje Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van binnelandse sake Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van gesondheid Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van openbare werke Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van pos en telekommunikasie Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van vervoer Kategorie:Geboortes in 1857 Kategorie:Sterftes in 1947