duimnael|links|200px|Player op Fancourt (naby George, Suid-Afrika) in 2008. duimnael|regs|280px|Player besoek die VSA-president George W. Bush in 2005. duimnael|regs|280px|Player oefen tydens die 2009-Gary Player Invitational in Edinburgh, Skotland.

Gary Player OIG (gebore 1 November 1935) is 'n Suid-Afrikaanse professionele gholfspeler. Hy word wêreldwyd as een van die grootste spelers in die geskiedenis van gholf beskou. Player het 165 toernooie op ses kontinente oor ses dekades gewen. Hy is in 1974 ingehuldig in die World Golf Hall of Fame.

Kampioenskappe Player het meer as 160 professionele toernooie gewen, waaronder:

PGA-toeroorwinnings 24 keer: 1958 Kentucky Derby Ope 1959 Britse Ope 1961 Lucky International Sunshine Ope, Meesterstoernooi 1962 PGA Championship 1963 San Diego Ope 1964 “500” Festival, Pensacola Ope 1965 VSA Ope 1968 Britse Ope 1969 Tournament of Champions 1970 Greater Greensboro Ope 1971 Greater Jacksonville Ope, National Airlines Open 1972 New Orleans Ope, PGA Championship 1973 Southern Ope 1974 Meesterstoernooi, Danny Thomas-Memphis Classic 1974 Britse Ope 1978 Meesterstoernooi, Tournament of Champions, Houston Ope

Die groot kampioenskappe word in vetdruk aangedui.

Ander oorwinnings Suid-Afrikaanse Toer (nou die Sonskyntoer) 73 oorwinnings tussen 1955 en 1981 waaronder: Suid-Afrikaanse Ope: 13 keer tussen 1956 en 1983 Suid-Afrikaanse Meesters: 10 keer tussen 1959 en 1976 PGA Kampioenskap (Suid-Afrika): 5 keer tussen 1959 en 1976

PGA-toer van Australasië 18 oorwinnings tussen 1956 en 1981 waaronder: Australiese Ope: 7 keer tussen 1958 en 1974

Golfbaanargitek Gary Player het talle gholfbane ontwerp, onder andere: Sun City en Lost City-bane (Beide by die Gary Player Buiteklub). Erinvale Golf, Somerset-Wes, Suid-Afrika. Suzhou Jinji Lake International Golf Club in China. The Five Nations Golf Club in België.

Kategorie:Geboortes in 1935 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Suid-Afrikaanse gholfspelers