Joe Slovo (Obeliai, 23 Mei 1926 – 6 Januarie 1995) was 'n Suid-Afrikaanse politikus, leier van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party, en 'n vooraanstaande lid van die ANC.
duimnael|links|Gedenkplaat in Camden Town, Londen duimnael|links|Joe Slovo se graf in Soweto Slovo is in Obeliai in Litaue in 'n Joodse familie gebore. Hy emigreer in 1933 na Johannesburg in Suid-Afrika, waar Slovo al op 'n jeugdige leeftyd (in 1941) 'n lid van 'n landelike vakbond word. In 1942 sluit hy by die SAKP aan, maar tydens die oorlogsjare (1942–1945) was hy meer aktief as 'n militêre vrywilliger.
Na sy terugkeer na Suid-Afrika studeer Slovo regte aan die Universiteit van die Witwatersrand, waar hy onder andere met Nelson Mandela en Harry Schwarz bevriend raak.
Tussen 1984 en 1991 was Slovo die Sekretaris-Generaal van die SAKP. Vanaf April 1994 tot met sy dood funksioneer hy as Minister van Behuising in die Kabinet van Nelson Mandela.
Slovo is op op 6 Januarie 1995 aan kanker oorlede.
Eksterne skakels
Kategorie:Litause Jode Kategorie:Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktiviste Kategorie:Suid-Afrikaanse immigrante uit Litaue Kategorie:Suid-Afrikaanse Jode Kategorie:Suid-Afrikaanse militariste Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van behuising Kategorie:Suid-Afrikaners in die Tweede Wêreldoorlog Kategorie:Politici van die African National Congress Kategorie:Kommuniste Kategorie:Geboortes in 1926 Kategorie:Sterftes in 1995 Kategorie:Suid-Afrikaanse aktiviste