duimnael|links|Skoolvormende kommandowurms in Tanzanië duimnael|links|Bestryding in Zambië Die kommandowurm (Spodoptera exempta Walker, Lepidoptera: Noctuidae) is 'n motsoort wat inheems is aan die Afrotrope, Stille Oseaan-eilande en dele van Australië. Dit is 'n besonder skadelike plaag, wat in staat is om hele aanplantings van gesaaides in 'n kwessie van weke uit te wis. Die larwe voed op alle soorte grasse, vroeë stadia van graansoorte, bv. mielies, rys, koring, gars, sorghum, suikerriet, en by geleentheid kokosneut.Odiyo 1984; Yarrow et al. 1981. Die kommandowurm ontleen sy naam aan hul gewoonte om in groot getalle uit grasveld na gesaaides te "marsjeer".
Biologie Hulle neig om in die reënseisoen in baie hoë digthede voor te kom, veral in die naloop van langdurige droogtes.Haggis 1984, 1986 Tydens die lang droëseisoen in Oos-Afrika is hul bevolkingsdigtheid baie laag. Omdat groot erupsies nooit in die droëseisoen waargeneem word nie, staan dit as die "buite-seisoen" bekend onder diegene wat hulle moniteer.Odiyo 1981 Spodoptera exempta se motstadium lewe ongeveer 10 dae. Die wyfie kan 'n maksimum van sowat 1 000 eiers in haar leeftyd lê. Die ivoorkleurige legsels van kommandowurmmotte word in groepies op blare geplaas. Die eiers broei binne 2 tot 5 dae uit, en die ses ruspestadia word binne 2 tot 3 weke voltooi. Die ruspes word in twee morfologies onderskeibare vorme aangetref: 'n "skoolvormende" tipe, wat swart is met geel strepe, en 'n alleenlopende vorm, wat bruin of groen is. Die morfologiese vorm word bepaal deur digtheid, en skoolvorming vind plaas by hoër digthede. Nietemin vertoon kommandowurms nie die ware swermgedrag van byvoorbeeld sprinkane nie, en dit is slegs die skoolvormende tipe wat vir erupsies verantwoordelik is. Oor die algemeen word kommandowurms nie deur landbouers opgemerk voordat die ruspes 10 dae oud is, en van groen na swart verander het nie.Brown 1972 In die laaste stadium grawe die larwe 2 tot 3 cm die grond in om te pupeer. Volwassenes kom na 7 tot 10 dae te voorskyn.Dewhurst 1985
Verspreiding Die motte migreer oor tiene, en waarskynlik oor honderde kilometers tussen hulle pupeerplekke en oviposisie-liggings.Riley et al. 1983 Die waarneming dat erupsies skielik kan plaasvind in gebiede wat vir etlike maande vry van die plaag was, het die hipotese laat ontstaan dat die motte wel oor honderde kilometer kan migreer. Getuienis wat hierdie hipotese ondersteun, sluit in: erupsies wat geografies met intervalle van een generasie afgewissel word;Rainey 1979 erupsies wat dikwels deur hoë vangste van motte voorafgegaan word, wat verder met konvergensie van wind verbind kan word;Blair et al. 1980 resultate van isoënsiem-ontleding wat aandui dat die kommandowurmbevolkings van Kenia, Tanzanië en Zimbabwe dikwels kruisteel;Den Boer 1978 laboratoriumtoetse wat aandui dat die motte vir etlike ure vlieënd kan bly;Gatehouse en Hackett 1980 resultate van merk- en vangstudies, en radarnasporing wat dui op langafstand- en windafmigrasie deur kommandowurmmotte.Rose et al. 1985 Jahn (1995) bevat verdere inligting.
Benewens Afrika, is die spesie ook teenwoordig in Jemen, sekere Stille Oseaan-eilande, en dele van Australië.Rose et al. 2000
Verwysings
Kategorie:Motte Kategorie:Peste