De Graafschap is 'n sokkerspan in Doetinchem, Nederland, wat in die Eredivisie speel. De Graafschap se tuisveld is De Vijverberg (kapasiteit: 12 650 sitplekke). De Graafschap is vernoem na die streek Agterhoek waar die span speel en wat vroeër Graafschap Zutphen geheet het. Die klub is in 1954 gestig as een van die eerste tien professionele "wilde" sokkerspanne in Nederland (in die nuutgevonde NBVB-kompetisie). Baie ondersteuners van die span is boere, wat die klub die bynaam "Superboeren" besorg het.
Erelys Kampioen Eerste divisie (3) 1990/91, 2006/07, 2009/10 (naaswenner (1): 1994/95) Kampioen Tweede divisie (1) 1968/69 (naaswenner (1): 1965/66)
Beroemde sokkerspelers Purrel Fränkel Guus Hiddink Klaas-Jan Huntelaar Luuk de Jong
Kategorie:Doetinchem Kategorie:Nederlandse sokkerklubs