duimnael|links|'n Xhosa-steenmaker naby Ngcobo in die voormalige Transkei in 2007.

Ngcobo (voorheen Engcobo gespel) is 'n dorpie in die Transkeistreek in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Dit is die geboortedorp van Walter Sisulu. Die naam van die dorp beteken 'plek van die lang gras'.

Ngcobo lê omtrent halfpad tussen die stede Komani (voorheen Queenstown) en Mthatha.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus 1995

Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap