Kendrew is 'n gehuggie in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Dit is geleë in die Kamdeboostreek, op die noordelike oewer van die Sondagsrivier waar dié rivier en die Kamdeboorivier saamvloei. Lusern en vrugte is van die belangrikste gewasse wat hier verbou word. Graaff-Reinet is noord van die dorpie.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bibliografie Graaff-Reinet 200, 1786 - 1986. In: Lantern. Tydskrif vir Kennis en Kultuur. Jaargang 35, nr. 2, Julie 1986 Logie, Bartle: Sundays - tales from a winding river. Port Elizabeth: Bluecliff, 2011. 

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap