Generaal-majoor Christoffel 'Boetie' Venter (1892–1977) was 'n Suid-Afrikaanse militêre bevelvoerder. Hy het in die Royal Air Force tydens die Eerste Wêreldoorlog gedien en het 16 oorwinnings in die lug behaal. In 1922 sluit hy by die Suid-Afrikaanse Lugmag aan.
Hy was direkteur-generaal van die lugmag vanaf 1940 tot 1945. Na die Tweede Wêreldoorlog was hy die besturende direkteur van die Suid-Afrikaanse Lugdiens.
Verwysings
Eksterne skakels http://www.theaerodrome.com/aces/safrica/venter.php
Kategorie:Suid-Afrikaanse militariste Kategorie:Suid-Afrikaners in die Eerste Wêreldoorlog Kategorie:Suid-Afrikaners in die Tweede Wêreldoorlog Kategorie:Afrikaners Kategorie:Generaals Kategorie:Suid-Afrikaanse Lugmag Kategorie:Geboortes in 1892 Kategorie:Sterftes in 1977