Die Crater Cruise is 'n bergfietswedren wat jaarliks plaasvind en gewoonlik gedurende die eerste naweek in Oktober. Dit begin en eindig in Parys in die Vrystaat, Suid-Afrika. Dit is by verre een van die gewildste wedrenne in die land. Die Crater Cruise-marathon (106km) vind gewoonlik op die Saterdag plaas terwyl die halfmaraton (56km) op die Sondag plaasvind saam met verskeie kleiner bergfiets-wedrenne vir die kinders. Die eerste Crater Cruise het in 2004 plaasgevind.
Roete Die wedren begin gewoonlik in Parys, gaan onmiddellik oor die Vaalrivier en draai dan links na Venterskroon. Die roete volg die gruispad aan die noordelike oewer van die Vaalrivier en kruis dan die rivier by Schoemansdrift. Die roete hou nou op die gruispad aan die suidelike oewer van die Vaalrivier terug tot in Parys.
Omstredenheid In 2005 kon geen manswenners aangewys word nie as gevolg van 'n boer wat opdrag gegee het dat sy plaashekke toe moet bly. 'n Plaaswerker het die oggend die hekke oop gesien en besluit om dit toe te maak. Die jaers het na die tyd ooreengekom dat die vyf wat los voor was die prysgeld gelykop tussen hulle sou verdeel.Vyf fietsryers, 'n boer en 'n toe plaashek..., Beeld, 17 Oktober 2005.
In 2008 het 'n rooibokram konsternasie veroorsaak toe hy een van Suid-Afrika se voorste vroue-fietsryers, Yolandi du Toit, tydens die Crater Cruise-bergfietswedren van haar fiets gestamp het.Rooibokram spring vroue-fietsryer onderstebo, Die Volksblad, 12 Oktober 2008.
Wenners sedert 2004 Jaar Mans wenner Vroue wenner 2004 Mannie Heymans Anke Erlank 2005 Famous 5 Anke Erlank 2006 Melt Swanepoel Yolande de Villiers 2007 JP Pearton Christi Pienaar 2008 Melt Swanepoel Yolande Speedy 2009 Kevin Evans Yolandi du Toit 2010 Kevin Evans Yolandi du Toit 2011 Kevin Evans Ariane Kleinhans 2012 Kevin Evans Theresa Ralph 2013 Waylon Woolcock Ariane Kleinhans
Verwysings
Eksterne skakels http://www.cratercruise.co.za/
Kategorie:Fietsry