Steyn is 'n algemene familienaam in Suid-Afrika en Namibië. 'n Baie interessante webwerf wat nog volop in ontwikkeling is, is forebears.io. Hulle nog onvolledige gegewens gee aan dat daar tans meer as 54 duisend Steyns wêreldwyd is. Die top vyf lande waar Steyns woon volgens hulle: Suid-Afrika (>50 000), VSA (>600), Verenigde Koninkryk (>500), Namibië (>500), en Australië (>500). Bowendien reken hulle daar is Steyns in ongeveer 80 lande te vinde.

Volgens die Suid-Afrikaanse Geslagsregisters Volume 12 het vyf Steynstamvaders Suid-Afrika toe gekom. Die van kan veral teruggespoor word na Douwe Gerbrandt SteynSouth Africa's Stamouers en na Johannes Steyn, die enigste twee stamvaders wat nog nasate in Suid-Afrika het. Douwe Gerbrandt Steyn het in 1670–1671 in Suid-Afrika aangekom. Hy was oorspronklik van Friesland. Die grootste Steynfamilie in Suid-Afrika stam van hom af. Hierdie Steynstam het twee hooftakke deur twee kleinseuns van hom. Die eerste een is Hermanus Steyn en die tweede een Jacobus Steyn. Johannes Steyn het omstreeks 1760 in Suid-Afrika aangekom. Hy was oorspronklik van Duitsland. Sy nasate vorm die tweede grootste Steynstam in Suid-Afrika. Johann Michael Steyn het omstreeks 1752 uit Duitsland na Suid-Afrika gekom. Johann Conrad Steyn het omstreeks 1775 uit Duitsland na Suid-Afrika gekom. Arie Steyn het omstreeks 1780 uit Nederland na Suid-Afrika gekom.

Stamvaders 3-5 het nie meer nasate in Suid-Afrika nie.

Betekenis van Steyn Die van Steyn is afgelei van die Oudnederlandse woord "steen", wat verwys het na 'n (bak)steen of 'n wapen wat uit steen/rots/klip gemaak is.

Steynfamiliewapen duimnael|Die Steynfamiliewapen. Die bekendste familiewapen wat vir die Steynfamilie gebruik word, is een met drie voëls. Dit is die familiewapen van die Steynfamilie in Haarlem, Nederland. Hulle het geen verwantskap met die Steynfamilies in Suid-Afrika nie.

In 2014 is 'n nuwe familiewapen vir die afstammelinge van Douwe Gerbrandt Steyn ontwerp en amptelik deur die Friese Vereniging van Heraldiek goedgekeur.

Steyn kan na die volgende verwys

Mense se van Andrie Steyn, Suid-Afrikaanse krieketspeelster Christa Steyn, komponis, pianis en Afrikaanse sangeres. Colin Steyn, politikus, kabinetsminister en regsgeleerde. Dale Steyn, Suid-Afrikaanse krieketspeler. Douw Gerbrand Steyn,Douw Gerbrand Steyn op Geni vader van die moeder van president Paul Kruger. Steynsburg is na hom vernoem. Etienne Steyn, Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. François Steyn, Springbokrugbyspeler. Frederik Simon Steyn (Fritz Steyn), skrywer, regsgeleerde, diplomaat. Gerda Steyn, maraton- en ultramaratonatleet. Gerhard Steyn, Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Gladys Steyn, die eerste vroulike advokaat in Suid-Afrika. Dominee Hendrik Pieter Marthinus Steyn,Hendrik Pieter Marthinus Steyn op Geni ook bekend as Bybel Steyn, sekretaris van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika, ’n sleutelpersoon in die druk van die eerste Afrikaanse Bybel. President Hermanus Steyn,Hermanus Steyn op Geni president van die Republiek van Swellendam. Jaap Steyn, Afrikaanse skrywer, kultuurhistorikus, joernalis. Johan Steyn, hoofleraar van AGS Kaleideo. Lord Johan van Zyl Steyn,Johan van Zyl Steyn op Geni Baron van Swafield, Verenigde Koninkryk. Lucas Cornelius Steyn, 'n hoofregter van Suid-Afrika. Marais Steyn, politikus van die Verenigde Party en later van die Nasionale Party. Marthanus Steyn,Marthanus Steyn op Geni bekend as Elmar Steyn, opvoedkundige en skrywer. Dokter Marthinus Helperus "Tommie" Steyn,Marthinus Helperus "Tommie" Steyn op Geni bekende sendingdokter by Morgensterhospitaal in Zimbabwe. Marthinus Theunis Steyn, politikus en laaste president van die Oranje-Vrystaat. Morné Steyn, Springbokrugbyspeler. Rachel Isabella Steyn, vrou van president M.T. Steyn. Vladimir Petroff Steyn, voormalige Sekretaris van Verdediging. William Herbert "Willie" Steyn,William Herbert "Willie" Steyn op Geni vader van Vladimir Petroff Steyn, soldaat in die Anglo-Boereoorlog, bekend uit die twee boeke wat oor sy lewe geskryf is: Die Vyf Swemmers deur C.J. Barnard en Terug na Kommando deur L.A. Visagie. Wynand Steyn, Departementshoof (HOD) van die Departement Siviele Ingenieurswese en professor aan die Universiteit van Pretoria. Zerilda Steyn, maatskaplike werker wat haar onvermoeid vir stedelike behuising vir minderbevoorregtes beywer het. Vier Steyns het aan die Slag van Bloedrivier deelgeneem.

Mense se voornaam Steyn Fourie, Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Steyn van Ronge (gebore 1955), president van die Afrikanerweerstandsbeweging wat by Eugène Terre’Blanche oorgeneem het.

Skole Laerskool President Steyn, in Verwoerdpark, Alberton, Suid-Afrika.Laerskool President Steyn se webtuiste Preprimêr, Laerskool en Hoërskool, Bainsvlei, Bloemfontein, Vrystaat, Suid-Afrika.President Steyn-skole President Steynschool: Was in Laings Nekstraat, Amsterdam, Nederland. Het in 1941 gesluit.President Steynschool

Dorpe Petrus Steyn, in die Oos-Vrystaat. Steynsburg, in die Oos-Kaap. Steynsdorp, in Mpumalanga. Bestaan nie meer nie. Is vernoem na kommandant J.P. Steyn, vrederegter en bevelvoerende offisier in die Boeremagte tydens die Beleg van Lydenburg tydens die Eerste Vryheidsoorlog (1881–1882). Hy het die dorp gestig op die oewers van die Mlondozi, ’n tak van die Komatirivier, nadat goud in die Komativallei ontdek is. Steynsrus, in die Vrystaat.

Heuwel

Steynkop,Steynkop naby Kenhardt, Noord-Kaap.

Kasteel

Kasteel Stein / Slot Steyn, in Limburg, NederlandKasteel/Slot Steyn/Stein op die Nederlandse Wikipedia – slegs ruïnes is oor.Slot Steyn op Facebook

Hotel

Steyn Hotel, Steynlaan 41, Zeist, Nederland

Strate Daar is ’n President Steynstraat / President Steijnstraat in:

Suid-Afrika: Bethlehem, Bloemfontein, Kaapstad, Louis Trichardt, Môrelig, Pretoria-Noord, Upington, Vanderbijlpark, Wesselsbron, Wolmer

Nederland: Amsterdam, Deventer, Eindhoven, Haarlem, Maassluis, Tilburg, Waalwijk. President Steynlaan:

Suid-Afrika: Westdene, Bloemfontein

Nederland: Eindhoven President Steynweg:

Suid-Afrika: Parys, Sasolburg M.th. Steynstraat:

Nederland: Almelo Marthinus Steynstraat:

Nederland: Dordrecht Steynstraat / Steyn Straat / Steijnstraat:

Suid-Afrika: Barberton, De Kelders, Edenvale, Fochville, Fouriesburg, Germiston, Johannesburg, Kroonstad, Krugersdorp, Muldersdrift, Napier, Odendaalsrus, Ottosdal, Pietersburg/Polokwane, Potchefstroom, Viljoenskroon

België: Antwerpen

Nederland: Alkmaar, Arnhem, Bergen op Zoom, Hengelo, Leeuwarden, Utrecht Steijnlaan / Steynlaan:

Nederland: Amsterdam, Baarn, Den Haag, Ermelo, Hilversum, Zeist Korte Steynlaan:

Nederland: Zeist Steijnweg / Steynweg / Steyn Road:

Suid-Afrika: Brooklyn, Krugersdorp, Muldersdrift, Pierre van Ryneveld (Van Ryneveldpark). Steynweg in Pierre van Ryneveld vernoemd na Mnr. V.P. Steyn, Sekretaris van Verdediging, Suid-Afrika (1955–1966).

Nederland: Behrloo, Oosterbeek, Renkum, Schoorl Schonen Steynweg:

Nederland: Moorveld Straat vernoem na "President" Steyn (van Swellendam):

Hermanus Steynstraat, Swellendam Straat vernoem na dr. Louw Steyn, huisdokter:

Louw Steynstraat, Postmasburg, Suid-Afrika Ander strate met Steyn in:

Steynsrustweg, Kaapstad

Irving Steynstraat, Casseldale, Gauteng

Lucas Steyn Straat, Heuwelsig, Bloemfontein

Voorstad Steynsrust, Kaapstad, Suid-Afrika

Strukture D.H. Steyn-brug by Bethulie. Frits Steyn-brug naby Diphuti, Munisipale Distrik Mopani, Limpopo, Suid-Afrika

Verwysings

Nog inligting Suid-Afrikaanse Geslagsregisters Vol 12, uitgegee deur GISA, Stellenbosch, Suid-Afrika Die families van Ou Swellendam Deel 1 Steyn, deur M van Hemert, uitgegee deur die Drostdy Museum, Swellendam, Suid-Afrika Die Nasate van AFW Steyn en EM Linde, deur JW Jonker, saamgestel en uitgegee deur JW Jonker Steyn in Rhodesia / Zimbabwe: Die Pioniertrekke na Gazaland deur S.P. Olivier. Also available in English as Many Treks Made Rhodesia. Especially chapter 11: The Henry-Steyn Trek (1895) http://www.geni.com/projects/Henry-Steyn-Trek-1895 Murapi Wedu – Die verhaal van Dr Tommie Steyn van Morgenster; deur C.R. van Wyk; Familieverhalen uit Zuid-Afrika; Annari van der Merwe and Paul Faber, eds.; KIT Publishers; ; veral hoofstuk 5: De familie Steyn – een familie en hun boerderij. Steyns in Oos Afrika, veral Kenia – daar is 'n interessante artikel hieroor wat aangevra kan word. Steyns wat verbonde was aan Die Drostdy in Swellendam: Chapter One of Overberg Outspan – a Chronicle of People and Places in the South Western Districts of the Cape by E.H. Burrows. Steyns in Dorsland Trekke

Kategorie:Vanne Kategorie:Afrikaanse vanne