Generaal Magnus André De Merindol Malan (30 Januarie 1930 – 18 Julie 2011) was 'n voormalige Minister van Verdediging in die Kabinet van P.W. Botha, hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag en hoof van die Suid-Afrikaanse Leër.De Klerk 'hartseer' oor heengaan van Malan, Nuus24, 18 Julie 2011.

Biografie Malan is op 30 Januarie 1930 in Pretoria gebore en in 1962 met Margot van der Walt getroud.

Hy is in 1973 as die hoof van die Suid-Afrikaanse Leër aangestel en drie jaar later as die hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag. As hoof van die Weermag implementeer hy verskeie administratiewe veranderinge waarvoor hy respek verdien. Gedurende die tyd raak hy bevriend met P.W. Botha, toe die Minister van Verdediging en later die Eerste Minister.

In Oktober 1980 stel Botha hom aan as die Minister van Verdediging, 'n pos wat hy tot 1991 beklee het. Op 3 Februarie 1993 kondig hy sy uittrede uit die parlement aan.

Hy is op 18 Julie 2011 in sy huis in Durbanville in Kaapstad weens hartversaking oorlede. Hy laat sy vrou, twee seuns, 'n dogter en nege kleinkinders agter.Malan weens hartversaking oorlede, Nuus24, 18 Julie 2011. Sy as word in die gedenkmuur by die Voortrekkermonument bewaar.Magnus Malan se nederigheid besing, Nuus24, 24 Julie 2011.

Toekennings

Malan is bekroon met die volgende toekennings en dekorasies:

Notas

Verwysings

Kategorie:Afrikaners Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers van verdediging Kategorie:Geboortes in 1930 Kategorie:Sterftes in 2011