duimnael|links|Handtekening van Marais Steyn voor in 'n boek Toesprake deur sy Hoog-Edelagbare J.C. Smuts. Marais Steyn (25 Desember 1914, Dordrecht - 12 Julie 1998, Stellenbosch) was 'n politikus van die Verenigde Party en later van die Nasionale Party.Kleurryke politikus sterf in Eikestad, Die Burger, 14 Julie 1998. Hy het gematrikuleer aan die Hoërskool Paul Kruger op Steynsburg en die ouetehuis op die dorp, wat in 1978 geopen is, is na hom genoem.Steynsburg vier sy 140ste bestaansjaarMenings: Steynsburg sal sy seun lank onthou, Die Burger, 31 Julie 1998.

Sy politieke loopbaan begin in die belangrike verkiesing van 1948 waarin die Nasionale Party onverwags 'n oorwinning oor die Verenigde Party onder leiding van genl. Jan Smuts behaal toe die 33-jarige Steyn die kiesafdeling Alberton aan die Witwatersrand met 'n meerderheid van 171 teenoor dr. H.F. Verwoerd, destyds redakteur van die Nasionale Party-orgaan Die Transvaler, wen, ondanks alle voorspellings dat Verwoerd sou seëvier. Selfs Smuts het gedink Steyn sou nie veel meer kon doen as om Verwoerd besig te hou in die aanloop tot die verkiesing nie.Sahistory.org.za

Hy wen die kiesafdeling Yeoville in 1961, 1966 en 1970 met reuse-meerderhede vir die Verenigde Party. Ná 'n kwarteeu in opposisie sluit hy hom in 1973 by die Nasionale Party aan. Eerste minister John Vorster stel hom hierna aan as minister vir gemeenskapsontwikkeling en Indiërsake. Later word hy ook minister van toerisme en Kleurlingsake.

Steyn sluit sy politieke loopbaan af as eers ambassadeur in die Verenigde Koninkryk en later in Transkei tot sy aftrede in 1986. Hy sterf in 1998 op Stellenbosch aan hartversaking.

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse ministers Kategorie:Politici van die Nasionale Party Kategorie:Politici van die Verenigde Party Kategorie:Ministers van Toerisme Kategorie:Geboortes in 1914 Kategorie:Sterftes in 1998