duimnael|200px|regs|Willie Hofmeyr omstreeks 1917.
Die W.A. Hofmeyr-prys 'n letterkundeprys vir drama, digkuns en prosa, is begin deur Nasionale Pers ter nagedagtenis van 'n voormalige voorsitter van die maatskappy se direksie, W.A. Hofmeyr. Dit is in 1954 die eerste keer toegeken. Oorspronklik het net boeke wat uitgegee is deur Nasionale Boekhandel in aanmerking gekom, maar vanaf 1970 is dit verander na publikasies van Tafelberg Uitgewers.
Vorige wenners Enkele vorige wenners: 2020 - Zirk van den Berg vir sy roman Ek wens, ek wens 2019 - Andries Buys vir sy roman Die dao van Daan van der Walt 2018 - Eben Venter vir sy roman Groen soos die hemel daarbo 2017 - Dan Sleigh vir sy historiese roman 1795 2016 - Ingrid Winterbach vir haar roman Vlakwater 2015 - Willem Anker vir Buys: 'n grensroman 2014 - Etienne van Heerden vir sy roman Klimtol 2013 - Ingrid Winterbach vir haar roman Die aanspraak van lewende wesens 2012 - Dan Sleigh vir sy roman Wals met Mathilda 2011 - Alexander Strachan vir sy roman Dwaalpoort 2010 - Eben Venter vir sy roman Santa Gamka 2009 - Etienne van Heerden vir sy roman 30 nagte in Amsterdam 2008 - Breyten Breytenbach vir Die windvanger 2007 - Ingrid Winterbach vir haar roman Die boek van toeval en toeverlaat 2006 - Etienne van Heerden vir In stede van die liefde 2005 - Marlene van Niekerk vir Agaat 2004 - Eben Venter vir Begeerte 2003 - Dan Sleigh vir Eilande 2002 - Karel Schoeman vir Armosyn van die Kaap 2001 - Dine van Zyl vir Slagoffers 2000 - Ingrid Winterbach vir haar roman Buller se plan 1999 - André P. Brink vir sy roman Duiwelskloof 1998 - George Weideman vir Die onderskepper 1997 - Eben Venter vir sy roman Ek stamel, ek sterwe 1996 - Elsa Joubert vir haar roman Die reise van Isobelle 1995 - Alexander Strachan vir Die werfbobbejaan 1994 - Eben Venter vir sy roman Foxtrot van die vleiseters 1993 - 1992 - Chris Barnard vir Moerland 1991 - Sheila Cussons vir Die knetterende woord 1990 - T.T. Cloete vir Driepas 1989 - Elsa Joubert vir haar roman Missionaris 1988 - 1987 - Etienne van Heerden vir Toorberg 1986 - T.T. Cloete vir Allotroop 1985 - Karel Schoeman vir 'n Ander land 1984 - Henriette Grové vir Die kêrel van die Pêrel, of Anatomie van ’n leuenaar: drie vertellings waarin die liefde ter sprake kom 1983 - 1982 - Sheila Cussons 1981 - T.T. Cloete vir Angelliera 1980 - D.J. Opperman vir Komas uit ’n bamboesstok 1979 - Elsa Joubert vir Die swerfjare van Poppie Nongena 1978 - 1977 - 1976 - Freda Linde vir Die singende gras 1975 - Ernst van Heerden vir Teenstrydige Liedere 1974 - Chris Barnard vir Mahala 1973 - 1972 - Sheila Cussons vir Plektrum 1971 - 1970 - PG du Plessis vir Die nag van Legio 1969 - 1968 - M.M. Walters vir Cabala 1967 - Linda Joubert vir Jaarringe 1966 - D.J. Opperman vir Dolosse 1965 - Audrey Blignault vir Met ligter tred 1964 - 1963 - 1962 - W.O Kühne vir Die Kringe van Keerom en Mikro vir Die Goue Protea (die prys is gedeel deur die twee skrywers) 1961 - 1960 - 1959 - 1958 - 1957 - 1956 - D.J. Opperman vir Blom en baaierd 1955 - 1954 - G.H. Franz vir Rabodutu en D.J. Opperman vir Periandros van Korinthe (eerste toekenning van die prys)
Bron Potgieter, D.J., Standard Encyclopaedia of Southern Africa". Cape Town: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery Ltd. 1971.
Verwysings
Kategorie:Afrikaanse letterkunde Kategorie:Suid-Afrikaanse letterkundige toekennings