duimnael|links|Die Yukonrivier in die Yukon-Charley Rivers National Preserve duimnael|links|Die Yukonrivier by die Five Finger Rapids Die Yukonrivier (Engels: Yukon River, Frans: Fleuve Yukon) is 'n groot wes-vloeiende rivier in Noord-Amerika. Dié rivier, met 'n lengte van 3 190 km (1 982 myl), is die vyfde langste rivier in Noord-Amerika en die mees westelike een. Yukonrivier beteken "Groot Rivier" of "Groot, wyd rivier" in die tale van die inheemse Amerikaanse bevolking, wat aan die stroomgebied van die rivier woon. YUKON RIVER HYDROLOGY Dus is die naam Yukon net 'n Anglisisme van die Gwich'in-woord Yu-kun-ah ("Groot Rivier"). Naburige Eerste Nasies - soos die Koyukon of die Deg Hit'an - het die rivier ook Yookkene ("Groot, wyd rivier") of Yukkhane ("Groot Rivier") genoem.
Die Yukonrivier ontspring in die Llewellyn-gletser by die Atlinmeer in die Rotsgebergte in die Kanadese provinsie Brits-Columbië net suid van Yukon se grens. Aansluitend vloei die rivier in 'n noordwestelike rigting deur dié gebied, wat na die rivier genoem is. Net wes van Yukon se hoofstad, Whitehorse, kruis die Yukonrivier die Kanadees-Amerikaanse grens en vloei in 'n westelike rigting deur die deelstaat Alaska, voordat die rivier in 'n uitgestrekte delta in die Beringsee uitmond. Die stroomgebied van die Yukonrivier is 25% groter as die oppervlakte van die deelstate Texas of Alberta.
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Alaska Kategorie:Brits-Columbië Kategorie:Riviere in Kanada Kategorie:Riviere in die Verenigde State van Amerika Kategorie:Yukon