duimnael|regs|350px|Uitsig oor die Vallei van Verlatenheid na Graaff-Reinet se kant.

Die Vallei van Verlatenheid bied een van die skouspelagtigste berguitsigte in Suid-Afrika. Dit is ‘n natuurmonument van besondere geologiese betekenis. Hierdie besienswaardigheid lê 14 km van Graaff-Reinet op die R63 hoofpad na Murraysburg.

Loodregte kranse en hoë dolorietpilare teen die agtergrond van die vlaktes van die Kamdeboo is die gevolg van vulkaniese werking en erosie gelede.

Hierdie besondere stuk bergterrein is in 1935 tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar. Pierneef het dit in een van sy skilderye verewig.

Bronne Baudert, Margaret: Graaff-Reinet and the Valley of Desolation. In: Lantern. Tydskrif vir Kuns, Kennis en Kultuur. Jaargang 29, nr. 2, April 1980. Country Life, Februarie 2011

Eksterne skakels

Kategorie:Monumente en gedenkwaardighede in Suid-Afrika Kategorie:Valleie van Suid-Afrika