eNuus is 'n Afrikaanse nuusbulletin wat in samewerking met eMedia se eNews opgestel en elke aand om 19:00 op kykNET en kykNET en kie. uitgesaai word. Die eerste uitsending was op 18 Julie 2010. Hulle roem hulself daarop dat hulle die eerste onafhanklike nuusbulletin in Afrikaans is. Die bulletin dek Suid-Afrikaanse en internasionale nuusgebeure, die nuutste sportuitslae en word met 'n weervoorspelling afgesluit.

Andries Cornelissen is aangestel as nuusredakteur en Freek Robinson is die hoof nuusleser. Die res van die eNuus-span het bestaan uit LiMari Louw, Genee Heyl en Daniëlla van Heerden. Sportnuus is deur Jean-Paul Keyter en Francois Nolte hanteer.

Eksterne skakels

Kategorie:Afrikaanse televisieprogramme Kategorie:Suid-Afrikaanse televisieprogramme