Monterrey 280px Kaart Wapen 180px|senter 75px|senter Vlag 90px|raam|senter Land Deelstaat 20px|raam Nuevo León Koördinate Gestig op 20 September 1596 Oppervlakte: - Totaal 324,8 vk km Hoogte bo seevlak 540 m Bevolking: - Totaal (2015) 1 109 171 - Bevolkingsdigtheid 3 415/vk km - Metropolitaanse gebied 4 689 601 Tydsone UTC -6 (CST) Somertyd UTC -5 (CDT) Klimaat - Tipe Subtropiese klimaat - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 22,3 °C - Gem. temp. Januarie/Julie 14,4 / 28,6 °C - Gemiddelde jaarlikse neerslae 590,9 mm Burgemeester Luis DonaldoColosio Riojas (PMC) Amptelike webwerf monterrey.gob.mx
Monterrey (Spaans: [monteˈrej], ) is die hoofstad en grootste stad van die Meksikaanse deelstaat Nuevo León, die negende grootste stad van Meksiko en dit is op 20 September 1596 deur Spanjaarde onder Diego de Montemayor gestig. Die stad het in 2015 'n bevolking van 1 109 171 en van 4 689 601 in die metropolitaanse gebied gehad en beslaan 'n oppervlakte van 324,8 km².
duimnael|links|'n Lugfoto van Monterrey in 2008 duimnael|links|Die Cerro de la Silla in Monterrey duimnael|links|Die Regeringspaleis van Nuevo León Monterrey is geleë net suidwes van die Río Bravo del Norte en wes van die Golf van Meksiko. Die grens tot die Verenigde State is in die noorde geleë.
Sedert die Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog het Monterrey in 'n belangrike ekonomiese sentrum in Meksiko ontwikkel en is tans een van die welvarendste stede van die land. Danksy afgeleë ligging van koloniale en nasionale sentrums het Monterrey van verskeie konflikte in die Meksikaanse geskiedenis gespaar gebly. Tydens die Meksikaans-Amerikaanse Oorlog het Amerikaanse troepe die stad vanaf 24 Mei 1846 tot 1848 beset. Tydens die Franse inval in Meksiko het Monterrey tussen 3 April en 5 Augustus 1864 as hoofstad van Meksiko en setel van die kabinet van Benito Juárez, wat voor die troepe van keiser Maksimiliaan I moes vlug, gedien. Dit was een van die gasheerstede tydens die Sokker-Wêreldbekertoernooie in 1986 en 2026.
Eksterne skakels
Amptelike webwerf
Kategorie:Hoofstede in Meksiko