Die Slag van Stormberg het op 10 Desember 1899 plaasgevind by die Stormberg spooraansluiting, 20 km noordwes van Molteno in die Oos-Kaap. Die slag was die eerste nederlaag vir die Britte in die sogenaamde Swart week. Gedurende die nag van 9 Desember het generaal-majoor sir William Gatacre en sy Brigade die Boeremagte, onder leiding van generaal J.H. Olivier,The Hall Handbook of the Anglo Boer War. Darren Hall. 1999. aangeval wat in die heuwels ingegrawe was. Die geveg was hard en beslissend. Gatacre het na Molteno teruggeval en 90 dooies en 634 gevangenes agtergelaat. Een van die slagoffers was Raymond de Montmorency VC, bevelvoerder van die Montmorency Scouts.Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995
duimnael|links|Die Stormbergslagveld kort ná die veldslag, afgeneem deur die fotograaf Ambrose Lomax, indertyd van Molteno.
duimnael|links|270px|Boerekrygers wat aan die slag deelgeneem het.
'n Aantal inwoners van Burgersdorp het ook in die slag omgekom. Die Burgermonument is opgerig om die slag te gedenk.
Verwysings
Stormberg