Die Bon Accorddam is 'n dam in die Apiesrivier naby Pretoria in Gauteng, Suid-Afrika. Die dam is net noord van die N4 nasionale pad naby Onderstepoort. Dit is in 1925 opgerig en word hoofsaaklik vir besproeiing gebruik.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,
Die dam bestaan uit 'n 18 meter hoë grondwal met 'n sylangse oorloop. Dit het 'n volume van 4 ,38 miljoen kubieke meter en 'n oppervlakte van 1,44 vierkante kilometer. Die opvanggebied van die dam is 315 km2 en bestaan hoofsaaklik uit die Tshwane Metropolitaanse Munisipale gebied.
Die dam is geskik vir hengel en watersport. Karp, babers en grootbekbaars kan hier uitgetrek word.
Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Gauteng Kategorie:Krokodilrivier (Limpopo)