Ballito is 'n kusdorp in die ooste van Suid-Afrika, langs die Dolfynkus in die provinsie van KwaZulu-Natal. Die dorp lê 40 km noordoos van Durban. Ballito beteken "klein bal" in Italiaans.

Geskiedenis Die ontwikkeling van Ballitobaai het in 1953 op die plaas Avondalepark begin en dorpstatus is 5 jaar later toegeken.

Omgewing Die hoofstrand, Willardstrand, word deur haainette beskerm en daar is elke dag lewensredders aan diens. Shaka's Rock is net noord van Ballitobaai. By hierdie punt het Shaka na bewering sy vyande afgegooi. Ook moes impies wat van lafhartigheid beskuldig is, hier afspring om hulle dapperheid te bewys.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika Morewood-gedenktuin

Bronne

Padlangs deur Suid-Afrika. Struik. 2010. Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.

Kategorie:Kusstede Kategorie:Nedersettings in KwaZulu-Natal