Aigle 220px Kaart Wapen 150px|center 70px|center Vlag 50px|border|center Land 15px Switserland Kanton 15px Waadt Koördinate Stigting Oppervlakte: - Totaal 16,36 vk km Hoogte bo seevlak 415 m Bevolking: - Totaal (31 Desember 2010) 9 255 - Bevolkingsdigtheid 566/vk km Tydsone UTC +1 (MET) Stadspresident Frédéric Borloz Amptelike Webwerf Aigle VD
Aigle is 'n antieke dorp geleë in die Rhônerivier-vallei in die suidweste van Switserland. Die dorpie is naby Montreux en die Geneefse meer. Aigle is omring deur die Alpe met ski-oorde soos Villars, Les Diablerets en Leysin in die omgewing.
Infrastruktuur Daar is 'n bus- en tremdiens wat die inwoners kan gebruik binne die dorp. Aigle is ook met spoor verbind met die groter stede soos bv. Lausanne. Daar is ook plaaslike treine wat die dorp met die ski-oorde verbind.
Fietsry Federasie Die Internasionale Fietsry Federasie (UCI) se hoofkantoor is in Aigle geleë. Hiervandaan word fietsry wêreldwyd beheer. Daar is onder meer 'n binnenshuise fietsrybaan in die gebou en 'n BMX-baan net langs die gebou.
Omgewing Aigle is ook bekend vir sy wyn; die dorp is omring deur wingerde. Die kasteel van Aigle (Château d'Aigle) is 'n bekende besienswaardigheid. Die kasteel is gedurende die twaalfde eeu gebou en is sedert 1475 in die besit van die 'Goewerment van Bern'. Daar is 'n wynmuseum in die kasteel met 800 verskillende wyn-etikette van 52 lande wat die geskiedenis van wyn weergee.
Verwysings Brosjures van Aigle toerisme.
Kategorie:Nedersettings in Switserland