Zack du Plessis (* 28 November 1949 – † 15 Junie 2011) was 'n Afrikaanse akteur, aanbieder, grapmaker, storieverteller en rolprentvervaardiger. Hy was veral bekend vir sy rolle in gewilde TV-programme soos Vetkoekpaleis en Orkney Snork Nie.Zack du Plessis sterf , Nuus24, 16 Junie 2011.
Biografie Du Plessis het ’n dramagraad aan die Universiteit van Pretoria verwerf en by die destydse streekskunsteraad Truk gewerk. Met die koms van televisie in 1976 het hy homself hoofsaaklik op TV-werk toegespits. Hy het ook sy eie fliekmaatskappy gehad, wat onder meer die fliek Bosveldhotel (Die Moewie) en kinderprogramme vervaardig het.
Du Plessis was met die aktrise en TV-aanbieder, Magda van Biljon, getroud.
Hy is op 15 Junie 2011 by sy huis in sy slaap aan longkanker oorlede. Hy word oorleef deur sy vrou, seun (Wénèf) en dogter (Bernice du Toiten).‘Saggeaarde akteur’ Zack du Plessis sterf tuis by gesin, Die Burger, 17 Junie 2011.‘Gatslag, maar ek sal wen’ , Rapport, 18 Junie 2011.
TV-programme Van die TV-programme waarin hy verskyn het: Arsenaal, 2002 Onder Draai die Duiwel Rond, 1997 (as Sersant Kriek) Triptiek II, 1997 (as Laetitia se buurman) Vetkoekpaleis, 1996 (as Frikkadel of Oom Vetkoek) Torings, 1994 (as Zack du Plessis) Simon en Sandra, 1990 (as Bossie Bosman) Vleuels, 1989 (as Oom Buks Botha) Orkney Snork Nie, 1989 (as Hendrik van Tonder) Dot en Kie, 1988 (as rugbykommentator) Die Seders van Lebanon, 1987 (as Dr Jan Viljoen) Koos Kluitjies, 1987 (as Dominee) Hoekie vir Eensames, 1986 (as Sporie Struwig) Konflikhantering, 1986 Die Jare Daarna..., 1986 (as Hors) Transkaroo, 1984 (as Doep) Koöperasiestories, 1983-1985 (as Soon Pieterse) Roep van die Visarend, 1982 (as Boel Bredenkamp) Harmonie, 1982 (as Frik Vermeulen) Maak 'n Las (gaskunstenaar en aanbieder) Die Siel van die Mier, 1979 TJ 7, 1978 (as Zak du Plessis) Net 'n bietjie liefde, 1977 (as Zach du Plessis) Dokter, Dokter, 1976 Willem, 1976 (as Dirk) en andere.
Rolprente Van die rolprente waarin hy te siene was: Mr Bones, 2001 (as die aanstaande skoonpa) Orkney Snork Nie 2, 1992 Orkney Snork Nie (Die Moewie), 1993 Kaalgat tussen die Daisies, 1997 (as Neef) Lipstiek Dipstiek, 1994 (as Frikkadel Fourie) Tough Luck, 1992 Die Hartseerwals, 1985 (Sagrys van Deventer) Bosveld Hotel (Die Moewie), 1985 Gideon Scheepers, 1982 (as Luitenant Schalk Pypers) Gazette, 1981 (as Hofmeyer) Blink Stefaans, 1981 (JP De Villiers) Kiepie & Kandas, 1981 (Prof) Oom Kaspaas en Nefie, 1980 (as Oom Kaspaas) Skelms, 1980 (as Generaal Hamilton Lurie) Die Eensame Vlug, 1979 (as Goofy) Pretoria o Pretoria!, 1979 (as Fourie) Weerskant die Nag, 1979 (as Sas Brink) The Fifth Season, 1978 (as Joe van Altena) Billy Boy (Thug) Sonja, 1978 (Dup du Pisanie) Diamant en die Dief, 1978 (as Vlok) Die Winter van 14 Julie, 1977 (Korporaal) Thaba, 1977 (as Bertus Grobbelaar) 'n Sondag in September, 1976 (as Polisie Sersant) Springbok, 1976 (as Nic) Die Rebel, 1976 (as Jan 'Boelie' Huysma Funny People, 1976 (Sekuriteitswag) Kiepie en Kandas (as die kwaai dosent op Tuks) Jakkalsdraai se mense, 1975 (as Cronjé) Liefste Veertjie, 1975 (as Biel Bruwer) Afspraak in die Kalahari, 1973 (as Andries du Toit)
Verwysings
Eksterne skakels
https://www.rooirose.co.za/die-lewe-na-zack/
Kategorie:Afrikaners Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Suid-Afrikaanse rolprentvervaardigers Kategorie:Geboortes in 1949 Kategorie:Sterftes in 2011