Die slankbaardman (Umbrina robinsoni), ook bekend as die Kaapse Baardman, kom voor van Valsbaai tot in Algoabaai. Die vis word sowat 75 cm lank en weeg tot 7.2 kg. Die vis is bruin met 'n kort, dik voeldraad op die ken. Die vis kom voor in sanderige gebiede om vlak, aanlandige riwwe. In Engels staan die vis bekend as die Slender tasselfish.

Sien ook Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van varswater visfamilies Lys van visfamilies

Bronne Gids tot die Kusgebiede van Suid-Afrika. Jacana Media. 2007. Sea Fishes of Southern Africa. Rudy van der Elst & Dennis King. 2006.

Eksterne skakel Fishbase: Umbrina robinsoni

Kategorie:Beenvisse