Elandsbaai is 'n klein kusdorpie aan die Atlantiese Oseaan, Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie lê aan die mond van die Verlorenvleistroom wat in 'n moeras met dieselfde naam eindig. Die moeras is 'n blyplek vir enorme getalle water- en ander voëls. Simon van der Stel het die moeras al gedurende 1685 besoek. Elandsbaai is suid van Lambertsbaai.

Die Bobbejaansberg, op die suidelike oewer van die riviermonding, loop die see in. Die Sishen-Saldanha Spoorlyn loop hier deur 'n tonnel, die Bobbejaansbergtonnel. Die vis en kreef bedryf speel 'n groot rol in die dorpie se ekonomie. Elandsbaai is ook gewild onder branderplankryers.

Die dorpie word met die buitewêreld verbind met die R366-streekroete via Redelinghuys.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Verwysings

Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. Padlangs deur Suid-Afrika. 2010.

Eksterne skakels

Kategorie:Nedersettings in die Wes-Kaap