duimnael|links|180px|Die kerkgebou van die NG gemeente Stanford is deur Wynand Louw ontwerp.
Stanford is 'n klein dorp in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die dorp is reeds in 1857 op die plaas Kleinrivier uitgelê. Die plaas het behoort aan kaptein (later Sir) Robert Stanford.
Die R43-provinsiale pad gaan deur Stanford en die buurdorpe is Gansbaai en Hermanus.
Stanford spog ook met 'n mikrobrouery waar vyf soorte bier gebrou word.
Die Salmonsdam-natuurreservaat is naby Stanford. Die natuurreservaat is genoem na kapt. Salmond van die HMS Birkenhead.
Die plaaslike, eklektiese NG kerkgebou is ontwerp deur die argitek Wynand Louw.
Wapen Stanford se munisipale raad het in 1989 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer: In swart, drie silwer klimmende leeus, rooi genael en getong; op 'n silwer skildhoof 'n aronskelk en 'n protea met skuinsgekruiste stingels, alles van natuurlike kleur. Die helmteken was 'n bokkop, en die wapenspreuk "Deus adjuvat nos".National Archives of South Africa : Data of the Bureau of Heraldry .
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995 Padlangs deur Suid-Afrika. 2010.
Verwysings
Eksterne skakels Inligting oor Stanford Village Stanford op Xplorio geskiedenis van Stanford
Kategorie:Nedersettings in die Wes-Kaap