Hierdie artikel handel oor die streek in die Wes-Kaap. Vir die natuurreservaat, sien: Sandveld-natuurreservaat.

Die Sandveld is 'n streek in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die streek is 'n smal area tussen die Swartland en die Weskus; vanaf Hopefield in die suide tot by Lutzville in die noorde. Die Sandveld is yl bevolk. Die sanderige grond bevestig dat die hele area eens op 'n tyd onder see was. Die ekonomie van die streek is hoofsaaklik op landbou gegrond; skaapboerdery en die kweek van graan en groente. Die Bergrivier vloei deur die Sandveld.

Nedersettings Dorpe in die Sandveld is: Hopefield Aurora Redelinghuys Leipoldtville Graafwater Het Kruis Paleisheuwel

Sien ook Lys van streeksname in Suid-Afrika

Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. Die Suid-Afrikaanse Gids: feite en wenke. Isabel Uys. 2009.

Kategorie:Streke van die Wes-Kaap Kategorie:Biome in Suid-Afrika