duimnael|links|200px|Die NG kerk Goudini, op Rawsonville. duimnael|300px|regs|Wingerde en die Slanghoekberge, net buite Rawsonville

Rawsonville is 'n dorp in die Wes-Kaap, Suid-Afrika, 16 km suidwes van Worcester. Volgens die 2011-sensus het die dorp 'n bevolking van 3 100 gehad, waarvan 263 (24%) Blank was.

Geskiedenis Die dorp is in 1858 gestig as 'n kommersiële sentrum vir die Goudinistreek. Goudini is die vervorming van 'n Khoikhoi uitdrukking wat vallei van die bitter heuning beteken. Die nuwe nedersetting is na sir Rawson W Rawson, koloniale sekretaris aan die Kaap (1854-1864), vernoem.

Wapen Die munisipale raad het in 1995 'n wapen by die Buro vir Heraldiek geregistreer: In silwer, 'n groen kasteel met vier torings in perspektief; 'n blou hoekige skildhoof van vier stukke. Die helmteken was 'n tros druiwe, en die wapenspreuk "Labor omnia vincit".National Archives of South Africa: Data of the Bureau of Heraldry.

Omgewing Druiwe is die belangrikste produk wat verbou word met verskeie koöperatiewe wynkelders in die omgewing. Die Goudini Spa is ongeveer 6 km van Rawsonville; die water bereik die oppervlakte teen 40 °C.

Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika

Bron Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995.

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in die Wes-Kaap