duimnael|regs|300px|Koffiebaai langs die Wildekus. duimnael|regs|300px|Haga Haga langs die Wildekus.
Die Wildekus is 'n kusstreek in Suid-Afrika. Dit is die kusstrook van sowat 250 km van die monding van die Groot-Keirivier, Oos-Kaap in die suide tot by die Mtamvunarivier net duskant Port Edward, KwaZulu-Natal in die noorde.Die Suid-Afrikaanse Gids: feite en wenke. Alhoewel die naam Wildekus verwys na die ongerepte natuurskoon het dit ook 'n meer onheilspellende aanspraak op roem: skeepswrakke.Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995
Skeepswrakke Die volgende skeepswrakke is opgeteken langs die Wildekus: Die São João (St. Johannes) Junie 1552 naby Port Edward. Die São Bento 1554 by die mond van die Mthatharivier. Die Santo Alberto 1593 naby die Gat-in-die-muur. Die Grosvenor 1782 naby Lusikisiki. Die O'Bell 1916 naby Mendupunt. Die Frontier II 1938 by Shixinipunt. Die Meliskerk 1943 by Port St. Johns. Die Forresbank 1958 by Presleysbaai. Die Jacaranda 1971 by Qoloramond. Die Oceanos 4 Augustus 1991 naby Koffiebaai.
Enkele watervalle Bawa-waterval Fraser-waterval Mnyameni-waterval Magwa-waterval Mateku-waterval Mfihlelo-waterval Ntentule-waterval Waterfall Bluff (Mlambomkhulu-waterval)
Ander bekende kuste Dolfynkus (KwaZulu-Natal) Goudkus (Ghana) Graankus (Liberië) Hibiskuskus Ivoorkus Koromandelkus (Indië) Malabarkus (Indië) Olifantkus Skedelkus (Namibië) Slawekus (Benin, Nigerië) Sonskynkus / Costa del Sol Strelitziakus Walviskus Weskus
Sien ook Lys van streeksname in Suid-Afrika Pondoland
Verwysings
Bibliografie Costello, John: Of butterflies, waterfalls and Gondwana. In: Village Life. Journal of People, Nature, History, Art. Nr. 28, Februarie/Maart 2008. ISSN 1810-5580
Kategorie:Streke van KwaZulu-Natal Kategorie:Streke van die Oos-Kaap