duimnael|230px|regs|Rekonstruksie van 'n meeroewer-ekostelsel in die mid-Permtyd, waarvan fossiele in die Moordenaarskaroo gevind is. Die Moordenaarskaroo is 'n streek op die grens van die Wes- en Noord-Kaap in Suid-Afrika. Dit vorm deel van die Groot-Karoo en strek van Laingsburg tot by Sutherland. Aan die noordekant van die Moordenaarskaroo is die Komsberg.
Hierdie is 'n rofweg driehoekige gebied en waarskynlik die enigste streek in die land sonder 'n hoofdorp. Laingsburg en Merweville is in die Koup en Sutherland in die Roggeveld.
Let wel Die Koffiepitkaroo is 'n plant, naamlik die Aptosimum marlothii (familie Scrophulariaceae). Die Koggelmandervoetkaroo is eweneens 'n plant. Sy wetenskaplike naam is Limeum aethiopicum in die familie Limeaceae.
Sien ook Lys van streeksname in Suid-Afrika
Bron Die Suid-Afrikaanse Gids: feite en wenke. Isabel Uys. 2009.
Kategorie:Streke van die Noord-Kaap Kategorie:Streke van die Wes-Kaap