Roepman is 'n boek deur Jan van Tonder en 'n rolprent oor 'n spoorweggemeenskap in die 1960's, soos vertel deur die oë van Timus, 'n elf-jarige seun.

Timus en sy gesin is vasgevang in die strukturele geweld veroorsaak deur die regering en die kerk van die tyd. 'n Onwaarskynlike held, Joon, verskyn telkemale tot die redding van Timus en veroorsaak dat Timus glo dat Joon wonderwerke verrig. In die verhaal vertel Timus van sy eie verlies van onskuld en hoe Joon op die einde 'n bietjie van daardie onskuld vir hom probeer teruggee.

Die rolprent is in Durban, Johannesburg, Pretoria en Springs tussen 28 Julie en 31 Augustus 2010 verfilm. Die rolprent het R2,483 miljoen by die loket verdien.‘Roepman’ laat geld inrol, Beeld, 10 Augustus 2011

Hoofrolspelers Paul Loots as Timus John Henry Opperman as Joon Deon Lotz as Abraham Rademan Rika Sennett as Ada Rademan Lida Botha as Ouma Makkie Beate Olwagen as Rykie Desiré Gardner as Erika Eddie de Jager as Braam Andrew Thompson as Hein Altus Theart as Zane Paul Lückhoff Andea Volschenk as Melinda Neil Bennet as Vick Ivan Botha as Salmon Kholeka Dakada as Gladys Paul Eilers as die dominee

Sien ook Lys van Afrikaanse rolprente

Eksterne skakels

Verwysings

Kategorie:Afrikaanse rolprente