Die Kalkfonteindam is geleë in die Rietrivier in die Vrystaat, Suid-Afrika. Die dam is 20 km suidoos van Koffiefontein. Die dam het 'n bakmaat van 339 miljoen m3. Die dam voorsien water aan Koffiefontein en Jacobsdal. Die dam is gedurende 1938 voltooi en die wal is 36 m hoog.
Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika
Bron Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. Bl 270. 1995.
Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Vrystaat