Die Clanwilliamdam is 'n dam in die Olifantsrivier, net suid van die dorp Clanwilliam in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die hoofdoel van die dam is om besproeiingswater aan die landbougebied stroomaf te voorsien.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013,

Die dam is in die 1930's gebou en nadat die wal in 1964 met 6 m tot 43 m verhoog is, het die dam nou 'n bakmaat van 121,8 miljoen m3. Wanneer die dam vol is strek die meer 18 km stroomop.Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. BL. 36.

duimnael|links|Clanwilliamdam op 7 Julie 2008 duimnael|links|Video van die dam met oopgetrekte sluise.

'n Maatskappy is in 2005 aangestel om die damwal met 'n verdere 13 meter te verhoog. Dit sal die dam se kapasitiet met 70 miljoen kubieke meter water vergroot. Die geprojekteerde koste vir die konstruksie is meer as R2 miljard.

Sien ook Lys van grootste damme in Suid-Afrika

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Damme van Suid-Afrika Kategorie:Wes-Kaap