Svante August Arrhenius (* 19 Februarie 1859 op die landgoed Vik naby Uppsala; † 2 Oktober 1927 in Stockholm) was 'n Sweedse chemikus en fisikus. Arrhenius is in 1884 gepromoveer tot doktor in die wetenskappe aan die universiteit van Uppsala. Sy proefskrif het gehandel oor die elektrolitise geleibaarheid. Hoewel sy kommissie die waarde van díe proefskrif nie onderken het nie het dit die uitgangspunt en grondslag geword van sy teorie oor elektrolitise dissosiasie. In 1903 het Arrhenius die Nobelprys vir Chemie ontvang en in 1919 word hy direkteur van die Nobel-instituut vir fisiese chemie in Stockholm. Hy word beskou as een van die grondleggers van die fisiese chemie.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Sweedse chemici Kategorie:Sweedse fisici Kategorie:Akademici Kategorie:Fisiese chemici Kategorie:Nobelprys vir Chemie wenners Kategorie:Geboortes in 1859 Kategorie:Sterftes in 1927 Kategorie:Alumni van die Universiteit Uppsala