Lebbeke is 'n Belgiese dorp en munisipaliteit in die ooste van die Vlaamse provinsie Oos-Vlaandere, wat grens aan die provinsie Vlaams-Brabant. Die munisipaliteit het 'n oppervlakte van 27 km² en sowat 18 000 inwoners (2011). Lebbeke grens aan die munisipaliteite Dendermonde, Opwijk, Buggenhout en Aalst.

Lebbeke beskik oor 'n spoorwegstasie wat verbindings na Dendermonde, Opwijk, Asse, Jette en Brussel bied.

Plekke in die munisipale gebied van Lebbeke: Lebbeke (dorp), Wieze en Denderbelle.

Eksterne skakels Die amptelike webwerf van die munisipaliteit

Kategorie:Munisipaliteite in Oos-Vlaandere Kategorie:Nedersettings in Oos-Vlaandere