Maxime Jacques Marcel Verhagen (gebore 14 September 1956 in Maastricht) is 'n Nederlandse historikus en politikus, en lid van die Christen-Demokratiese Appèl (CDA). Hy was minister van Ekonomiese Sake, Landbou en Innovasie, vise-ministerpresident, asook die politieke leier van sy party.

Verhagen het geskiedenis aan die Universiteit Leiden gestudeer. Vanaf 1984 tot 1989 het hy vir die Tweede Kamer-groep van die CDA gewerk. Hy was vanaf 1986 tot 1990 'n lid van die munisipale raad van Oegstgeest, en vanaf 1989 tot 1994 lid van die Europese Parlement, gewees. Hy was vanaf 1994 tot 2007, en in 2010, 'n lid van die Tweede Kamer, en vanaf 2002 tot 2006, en in 2010, ook 'n parlementêre verteenwoordiger, gewees.

Vanaf 22 Februarie 2007 tot 14 Oktober 2010 was hy minister van Buitelandse Sake in die Balkenende IV-kabinet. Van 9 Junie 2010 tot 30 Junie 2012 was hy partyleier en van 14 Oktober 2010 tot 5 November 2012 ook minister van Ekonomiese Sake, Landbou en Innovasie, asook vise-minister-president in die Rutte I-kabinet. Maxime Verhagen woon in Voorburg, en is getroud met drie kinders. Hy is 'n lid van die Rooms-Katolieke Kerk.

Eksterne skakels

Drs. M.J.M. (Maxime) Verhagen, Parlement & Politiek

Kategorie:Nederlandse adjunk-premiers Kategorie:Nederlandse ministers Kategorie:Lede van die Tweede Kamer van die Stategeneraal Kategorie:Lede van die Europese Parlement Kategorie:Ministers van Buitelandse Sake Kategorie:Ministers van Ekonomie Kategorie:Ministers van Landbou Kategorie:Geboortes in 1956 Kategorie:Lewende mense