Sydney Cove is 'n klein baai aan die suidelike oewer van Port Jackson, aan die kus van die deelstaat Nieu-Suid-Wallis, Australië. Sydney Cove is die plek wat Kaptein Arthur Phillip tussen 21 en 23 Januarie 1788 gekies het as die ligging van die Britse strafkolonie in Australië en wat uiteindelik tot die stad Sydney ontwikkel het.http://www.discoversydney.com.au/sydney/history.html Phillip se instruksies was aanvanklik gewees om die kolonie in Botanybaai te vestig maar hy het bevind dat Botanybaai nie 'n betroubare varswaterbron gehad het en ook nie voldoende beskutting gebied het vir skepe om anker te gooi nie.http://www.visitnsw.com/town/Sydney/Tank_Stream/info.aspx

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Baaie van Australië Kategorie:Seë van Oseanië Kategorie:Seë van die Stille Oseaan Kategorie:Sydney