Die Baronvlinder (Baronia brevicornis) is 'n soort skoenlapper in die Riddervlinderfamilie. Dit is monotipies (eensoortig) in die genus Baronia, en is endemies aan Meksiko.
Hierdie lokale spesie is van besondere belang weens die relikteaard daarvan en die onsekere verwantskap met ander subfamilies soos die Parnassiinae. Dit word nou beskou as verteenwoordigend van die monotipiese subfamilie Baroniinae, en as die mees primitiewe ekstante papilionid-takson, wat sekere kenmerke deel met die fossieltakson Praepapilio.
Die spesie het 'n beperkte en gefragmenteerde verspreiding in Meksiko.Luis-Martinez, A.; J Llorente-Bousquets; Isable Vargas-Fernandez & A D Warren (2003) Biodiversity and biogeography of Mexican butterflies (Lepidoptera: Papilionoidea and Hesperioidea). Proc. Entomol. Soc. Wash. 105(1):209-224 PDF Llorente-Bousquets, J & A. Luis-Martinez (1993) Conservation-oriented analysis of Mexican butterflies: Papilionidae (Lepidoptera, Papilionoidea). In Ramammorthy, T.P., J. Fa, R. Bye y A. Lot (Eds.). 1993. The biological diversity of Mexico: origins and distributions, Oxford University Press. PDF Morfologiese kenmerke sluit in 'n abdominale reukorgaan by die wyfies.Robbins, Robert K. (1989) Systematic implications of butterfly leg structures that clean the antennae. Psyche 96:209-222 Full textHäuser, C. L. 1992. A new abdominal scent organ in females of Baronia brevicornis (Lepidoptera: Papilionidae). Zoologischer Anzeiger 229(1/2):54-62. Die Baronvlinder is verder uniek onder die Riddervlinders deurdat dit 'n Acacia-soort as voedselplant benut (Acacia cochliacanha, familie Leguminosae).
Die genus is vernoem na 'n Mnr. Baron wat die eerste eksemplaar in die Sierra Madre-streek van Meksiko versamel het, waarna die spesie beskryf is deur Salvin.http://www.sil.si.edu/digitalcollections/bca/bca_14_02_00/pdf/bca_14_02_00_740.pdf
Verwysings
Eksterne skakels Pteron Onderkant op regterkant Beelde Marrku Savela se webblad
Kategorie:Skoenlappers Kategorie:Papilionidae