Mashishing is 'n township aan die westekant van die Suid-Afrikaanse dorp Lydenburg. Tydens die apartheidera het Lydenburg se swart inwoners in Mashishing gewoon. Mashishing beteken "lang, groen gras".
In Junie 2006 is aangekondig dat Pallo Jordan, die Minister van Kuns en Kultuur, Lydenburg se naam na Mashishing verander het. Die naam het egter nie posgevat nie en besighede (asook die "Lydenburg Museum") gebruik steeds die ou naam.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in Mpumalanga