duimnael|regs|250px|Nabyskoot van 'n ruspe se osmaterium Die osmaterium is 'n vlesige orgaan wat in die prothorakiese segment van larwes (ruspes) van die Riddervlinderfamilie aangetref word. Hierdie orgaan stel onwelriekende chemiese samestellings vry, wat vermoedelik feromone is. Die normaalweg versteekte gevurkte struktuur kan uitgestulp word wanneer die ruspe 'n bedreiging teëkom. Die onwelriekende afskeidings bevat terpeenstowwe, wat verskil van spesie tot spesie.Eisner, T., en Y.C. Meinwald. 1965. The defensive secretions of a caterpillar (Papilio). Science 150: 1733-1735.
Die fyn struktuur van die osmateriale klier van die Lemmetjievlinder, Papilio demoleus libanius, een van die Swaelsterte, is bestudeer. Daar is bevind dat dit drie selsoorte bevat insluitend ellipsoidvormige klierselle.Lu, Chow-Chin; Yien Shing Chow (1991) Fine structure of the larval osmeterium of Papilio demoleus libanius (Lepidoptera: papilionidae). Ann. Entomol. Soc. Am. 84(3):294-302.
Verwysings
Eksterne skakel
Tree of Life
Kategorie:Insekanatomie Kategorie:Skoenlappers