Klipplaat is 'n nedersetting in die westelike Oos-Kaap, Suid-Afrika. Die dorpie lê 35 km wes van Jansenville. Die dorpie is bekend as 'n spoorwegaansluiting; die lyn van die noorde sluit by die Kaapstad-na-Port Elizabethlyn aan. Die naam is afgelei van die eienaardige klipplate in die distrik; groot plat klippe wat op die grond lê of uitsteek. Die NG gemeente Klipplaat is in 1944 gestig, maar het teen 2013 nog eintlik net in naam bestaan.
Die R337 en R338-streeksroetes gaan deur die nedersetting.
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Verwysings
Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995
Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap