Bizana is 'n dorp in die Oos-Kaap-provinsie, Suid-Afrika, op die N2 nasionale pad na Port Edward.
Geskiedenis Die dorpie het ontstaan toe die eerste magistraatkantoor in 1894 by Ntsingixi sowat 6 km hiervandaan gebou is. Dit is later verskuif na Bizana. Die naam mbizana beteken 'klein potjie' in Xhosa. Dit verwys na die holte waarin die dorp geleë is.
Distrik Die distrik is 2 000km2 groot. Veeboerdery, mielieverbouing en bosbou is die belangrikste ekonomiese aktiwiteite.
Bekende Boorlinge Babalo Madikizela - Oos-Kaap MEC vir Publieke Werke Oliver Tambo, anti-apartheid aktivis. Winnie Madikizela-Mandela, Nelson Mandela se tweede vrou. Siphosakhe Ntiya-Ntiya - sokkerspeler
Sien ook Lys van dorpe in Suid-Afrika
Bronne Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995
Verwysings
Kategorie:Nedersettings in die Oos-Kaap