duimnael|Melanesië se geografiese omvang duimnael|Ligging van Melanesië duimnael|Kaart van Melanesië duimnael|Lande en gebiede van Melanesië:
Melanesië (afgelei van Grieks: μέλας mélas vir "swart" en νῆσος nêsos vir "eiland", letterlik: "eilande van swartes" of "eilande van swart mense") is 'n eilandgroep in die Stille Oseaan in die gebied Oseanië en lê in die suidooste van die Filippyne, in die ooste van Indonesië, in die noordooste van Australië en in die noorde van Nieu-Seeland. Melanesië beslaan 'n oppervlakte van 940 000 km² en het 'n bevolking van sowat tien miljoen. Melanesië, Mikronesië en Polinesië vorm saam Oseanië. "Oceania". 2005. The Columbia Encyclopedia, 6de uitgawe. Columbia University Press.
Die streek sluit die vyf onafhanklike lande Fidji, Vanuatu, Salomonseilande, Papoea-Nieu-Guinee en Oos-Timor, maar ook die Franse oorsese gebied Nieu-Kaledonië en dele van Indonesië – veral die westelike Nieu-Guinee, Oos-Nusa Tenggara en Maluku in. Die grootste deel van die streek lê in die Suidelike Halfrond, terwyl Noord-Maluku en baie kleiner eilande van Wes-Nieu-Guinee in die Noordelike Halfrond is. Die grootste eilande is Nieu-Guinee, Fidji se twee hoofeilande Viti Levu en Vanua Levu, Nieu-Kaledonië se Grande Terre, asook Bougainville, Nieu-Brittanje en Nieu-Ierland wat almal tot Papoea-Nieu-Guinee behoort.
Die term Melanesië (in Frans: Mélanésie) is in 1832 vir die eerste keer deur Jules Dumont d'Urville gebruik om in etniese en geografiese opsig na 'n eilandgroep te verwys wie se inwoners, volgens hom, van dié van Mikronesië en Polinesië verskil. Die onderskeiding is later as foutief bewys, aangesien al drie gebiede deur inheemse Austronesiese volke bewoon word wat Austronesiese tale besig.
Ligging Vlag Land Hoofstad Oppervlakte (km²) Bevolking 80px 90px Fidji Suva 18 274 849 000 80px 90px Nieu-Kaledonië(Frankryk) Nouméa 18 575,5 245 580 80px 90px Papoea-Nieu-Guinee Port Moresby 462 840 6 732 000 80px 90px Salomonseilande Honiara 28 400 523 000 80px 90px Vanuatu Port Vila 12 190 243 304 80px 90px Wes-Nieu-Guinee(Indonesië) Port Numbay 421 981 2 930 000
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels